just honeymoons olivier honeymoon seychelles1

Hi Lizelle

Dit was baie lekker gewees. Die enigste slegte gedeelte van die honeymoon was toe ons moes terug kom... Albei oorde was besonders gewees.

By Constance Ephelia kon ons maklik op Mahe rondtoer deur 'n cab te huur vir die dag waar die drywer ons rondry en al die interessante plekke op Mahe wys. Ons kon self per voet gaan stap buite die resort en nuwe plekke ontdek.

Dit was 'n baie lekker oord gewees met uitstekende diens en die ontbyt en aandete buffets wat ingesluit is was baie lekker.

As ons moet kies sou ons se Sainte Anne was die beste van die 2 oorde gewees. Dit is meer ruim en meer privaat, veral omdat ons ons eie klein erfie en swembad gehad het. Die buffet restaurant waar ons 3 maal 'n dag kon eet was ook beter uiteengesit met die groot swembad regs langs dit. Die kelners se diens was ook beter daar. Dit was lekker gewees om op die oord se strande te loop en om die aktiwiteite te doen wat verniet was, soos bv. om op 'n boot uit te gaan en te gaan snorkel en op die see te gaan kayak. Die spa was ook baie lekker gewees by albei oorde.

Die 1 voorstel was ek kan gee wat dit beter, of meer gerieflik sou maak is om slegs 1 reis agentskap te gebruik. Aangesien ons by Creole en Masons was, moes ons met albei se verteenwoordigers by die oorde reel en reis tye bevestig. Dit sou makliker gewees het as ons alles by 1 agentskap kon gehad het.

Algeheel was daar geen probleme gewees nie en ons het dit vreeslik baie geniet. Ek dink nie ons kon 'n beter honeymoon gehad het as by Seychelles nie. Baie dankie vir die pakket wat jy vir ons gereel het.

Sien aangeheg 'n paar highlights van ons honeymoon.

                                       just honeymoons olivier honeymoon seychelles2 just honeymoons olivier honeymoon seychelles3

Vriendelike groete

Waldo

Our Honeymoon Resorts

Testimonials

“Thank you for making our honeymoon one to remember!” - Julian & Lindie

“Die wyse waarop alles tot op die letter gereel was het ons hele ervaring onvergeetlik gemaak.” - Louis

“We would definitely contact you for our next trip!” - Marin

Quick Contact

Visit our other travel sites

webtours icon logo  beachtravel icon logo  just ski icon logo

Didn't find what you were looking for?
 Give us a call

+27 31 539 4311

OR

Drop us a quick email

 We'll find you a honeymoon destination
that will make your dreams come true!

 Or chat to us if we are online